Wie benodig dit?
Alle eienaars van vaste eiendom wat water so koste effektief moontlik wil verhit. Alle eienaars wat hul afhanklikheid van Eskom wil afskaal.
Is dit bekostigbaar?
Beslis. Teen ‘n geïnstalleerde prys van R25000 vir die basiese 150 liter stelsel, is die besparing van die elektisiteits koste meer as die afbetalings paaiemente indien die stelsel gefinansier sou word. Sodra die finansiering gedelg is, sal die verhitting van water gratis wees vir die leeftyd van die stelsel.
Doelgemaakte
Wie benodig dit?
Beurtkrag Oplossings
Wie benodig dit?
Eienaars wat die nadelige gevolge van beurtkrag wil omseil.
Is dit bekostigbaar?
Ja, teen R22 000 vir 'n intreestelsel wat voldoende sal wees vir ligte, TV, rekenaars en internet gedurende beurtkrag.
So ‘n belegging is nie slegs ‘n belegging in jou eiendom nie, maar ook ‘n belegging in die omgewing en jou kinders se toekoms. Gepaardgaande met ’n finansiële besparing kan dit net ‘n wen-wen situasie wees.
Deur eensklaps die verbinding met die kragnetwerk te verbreek gaan met baie hoë aanvanklike uitgawes gepaard. Dit is in meeste gevalle ook nie koste effektief nie. Die mees koste ondoeltreffende gedeelte van ‘n sonkrag ontwikkeling, is om die energie wat bedags opgewek word, te stoor vir latere gebruik. ‘n Stuksgewyse benadering, waar die koste effektiewe prosesse soos sonverhitte water eerste aangepak word, is die mees sinvolle metode. Daarna kan verder na ‘n omsetter/battery stelsel wat beurtkrag die hoof kan bied, gekyk word.
Kan die kragnetwerk vir energiestoring gebruik word, as ek meer krag opwerk as wat ek op daardie stadium gebruik?
Dit is wel tegnies moontlik, veral met die ouer tipe meganiese meters wat terugdraai as krag na die netwerk terggestuur word. Dit is egter nie oral in Suid-Afrika wettig om dit te doen nie.
Dit is belangrik om eers tussen waterverhitting stelsels te onderskei voor die vraag beantwoord kan word.
Dit is algemeen bekend dat termiese verhitting meer effektief in terme van die omskakeling van son energie per vierkante meter is. Hierdie metode het egter sekere inherente nadele.
Dit is belangrik, as stelsels teen mekaar opgeweeg word, om die energie uitset van die stelsel, die water volume kapasiteit asook die kwaliteit van komponente te vergelyk. Dit is ook belangrik om in ag te neem dat energie van meer as 1500 watt benodig word om gedurende die daaglikse ses ure effektiewe beskikbare sonskyn periode, water tot 55º Celcius te verhit.
Ja dit kan indien die korrels groot genoeg is. Die panele word wel vervaardig om korrels so groot soos golfballe teen ‘n snelheid van 100km/h te weerstaan. Dit is egter belangrik om seker te maak dat die stelsel wel by die geboue versekering ingesluit word.