Solemsolar
The Ultimate Hot Water Solution

Unieke

Waterverhittingstelsel


Wie benodig dit?

Alle eienaars van vaste eiendom wat water so koste effektief moontlik wil verhit. Alle eienaars wat hul afhanklikheid van Eskom wil afskaal.


Is dit bekostigbaar?

Beslis. Teen ‘n geïnstalleerde prys van R25000 vir die basiese 150 liter stelsel, is die besparing van die elektisiteits koste meer as die afbetalings paaiemente indien die stelsel gefinansier sou word. Sodra die finansiering gedelg is, sal die verhitting van water gratis wees vir die leeftyd van die stelsel.

Doelgemaakte

Sonkragstelsel



Wie benodig dit?

  • Eienaars wat die nadelige gevolge van beurtkrag wil omseil.
  • Huis- en besigheidseienaars wat hulle wil verskans teen hoë elektisiteitsrekeninge.
Bespoke Solar Systems

Beurtkrag Oplossings


Wie benodig dit?

Eienaars wat die nadelige gevolge van beurtkrag wil omseil.


Is dit bekostigbaar?

Ja, teen R22 000 vir 'n intreestelsel wat voldoende sal wees vir ligte, TV, rekenaars en internet gedurende beurtkrag.

Belegging in sonenergie:

So ‘n belegging is nie slegs ‘n belegging in jou eiendom nie, maar ook ‘n belegging in die omgewing en jou kinders se toekoms. Gepaardgaande met ’n finansiële besparing kan dit net ‘n wen-wen situasie wees.

Gereelde vrae

Wat is die beste roete om my afhanklikheid van Eskom te verminder?

Deur eensklaps die verbinding met die kragnetwerk te verbreek gaan met baie hoë aanvanklike uitgawes gepaard. Dit is in meeste gevalle ook nie koste effektief nie. Die mees koste ondoeltreffende gedeelte van ‘n sonkrag ontwikkeling, is om die energie wat bedags opgewek word, te stoor vir latere gebruik. ‘n Stuksgewyse benadering, waar die koste effektiewe prosesse soos sonverhitte water eerste aangepak word, is die mees sinvolle metode. Daarna kan verder na ‘n omsetter/battery stelsel wat beurtkrag die hoof kan bied, gekyk word.

Kan die kragnetwerk vir energiestoring gebruik word?

Kan die kragnetwerk vir energiestoring gebruik word, as ek meer krag opwerk as wat ek op daardie stadium gebruik?

Dit is wel tegnies moontlik, veral met die ouer tipe meganiese meters wat terugdraai as krag na die netwerk terggestuur word. Dit is egter nie oral in Suid-Afrika wettig om dit te doen nie.

Hoe vergelyk ek Solem Solar stelsel met ander water verhittingstelsels?

Dit is belangrik om eers tussen waterverhitting stelsels te onderskei voor die vraag beantwoord kan word.

  • Termiese verhittingstelsels, is waar die hitte van die son gebruik word om water, gewoonlik in pype op die dak, te verhit.
  • Fotovoltaïse verhitting gebeur wanneer sonpanele ‘n elektiese stroom opwek wat dan aan ‘n verhittingselement gekoppel word soos wat ook by ‘n konvensionele water verhittingstelsel gebeur.


Dit is algemeen bekend dat termiese verhitting meer effektief in terme van die omskakeling van son energie per vierkante meter is. Hierdie metode het egter sekere inherente nadele.

  • Gewig van die stelsel op die dak
  • Meer onderdele wat onderhoud benodig soos pompe, pype kleppe ens.
  • Groter energie verliese tydens die vloei van die water.
  • Beperkte lewensduur
  • Koste nadeel

Dit is belangrik, as stelsels teen mekaar opgeweeg word, om die energie uitset van die stelsel, die water volume kapasiteit asook die kwaliteit van komponente te vergelyk. Dit is ook belangrik om in ag te neem dat energie van meer as 1500 watt benodig word om gedurende die daaglikse ses ure effektiewe beskikbare sonskyn periode, water tot 55º Celcius te verhit.

Kan hael sonpanele beskadig?

Ja dit kan indien die korrels groot genoeg is. Die panele word wel vervaardig om korrels so groot soos golfballe teen ‘n snelheid van 100km/h te weerstaan. Dit is egter belangrik om seker te maak dat die stelsel wel by die geboue versekering ingesluit word.